Midstream College spog met verskeie uitstekende skaakspelers. Ons neem elke jaar deel aan die Gauteng D4-skaakliga. Vir die laaste paar jaar het ons deurgedring tot die finaal waar die top 6 skole van die liga teen mekaar uitspeel. Ons leerders neem deel aan verskeie toernooie buite skoolverband.

Ons is baie bevoorreg om ’n internasionale skaakmeester, Johannes Mabusela, as afrigter te hê. Vanaf die begin van Maart oefen ons elke Dinsdag vanaf 15:00 tot 17:00. In die tweede kwartaal begin die liga. Jaarliks is daar vier ligabepalings, wat op Donderdae gespeel word – tuis of weg by deelnemende skole. Ons beoog om Internasionale Skaak-dag op 21 Julie 2021 te vier.

Skaaknavrae: Mev. T Verhoef (tverhoef@midstreamcollege.co.za)

Algemene sportnavrae: Mnr. Hans van Vreden – Sporthoof (hvanvreden@midstreamcollege.co.za)

1 Ashford Street, Midstream Estate | college@midstreamcollege.co.za | 012 661 2341