WAAROM IEB?

Die IEB poog om kwaliteitonderrig en leer in Suid-Afrika te bevorder deur ‘n assesseringsproses van integriteit, innovasie en internasionale vergelykbaarheid. Alle skole wat by die IEB geregistreer is om die Nasionale Senior Sertifikaat te skryf, het toegang tot ‘n reeks professionele ontwikkelingsgeleenthede sowel as ‘n verskeidenheid assesserings, wat ontwerp is om verskeie doelwitte te bereik.

Die IEB lewer konsekwente, betroubare resultate in die Graad 12 Nasionale Senior Sertifikaat met ‘n gemiddelde slaagsyfer tussen 97% en 98%. Verder behaal die IEB tussen 78% en 80% toelating tot graadstudie.