Graad 8-bakstene

Ons doel is dat leerders betrokke en lojale lede van die skool word. Ons graad 8’s staan bekend as “bakstene”. Die filosofie daaragter is dat graad 8-leerders hul hoërskoolloopbaan begin bou, gebaseer op ‘n grondslag wat in die laerskool gelê is. Teen die tyd dat hulle in graad 12 is, vorm hul die dak oor hul gebou of die afsluiting van hul skoolloopbaan. Elke baksteen moet vasgemessel word in ‘n sterk muur van leerders wat daarna streef om alles wat reg en regverdig is te beskerm en te handhaaf.

Dit is ook tradisie dat graad 8’s ‘n baksteen dra vir die duur van hul oriëntasie en op die laaste dag word hul baksteen, geklee in hul laerskoolklere, seremonieel agtergelaat om hul hoërskoolloopbaan te begin.