Geskiedenis

BONDEV

Die Bondev-groep, bestaande uit Riaan Botma, Chris Smith, Jan Zeederberg en Johan van Wyk, is die ontwikkelaars van Midstream. Hierdie groep entrepreneurs het in 1995 op ‘n deeltydse basis met eiendomsontwikkeling begin. Hul eerste gesamentlike ontwikkeling was Eldoraigne x26 met Eldo Estates, Eldopark en Eldoglen wat gevolg het.

Die naam “Bondev” kom van die Franse selfstandige naamwoord ‘bon’, wat ‘goed’ beteken, en ‘dev’, kort vir ‘ontwikkelings’; vandaar hul visie om by ‘goeie ontwikkelings’ betrokke te wees.

DIE COLLEGE

Die Bondev-ontwikkelingspan het die stigting van ‘n skool as een van die noodsaaklike elemente vir ‘n volhoubare gemeenskap beskou. Agtien hektaar grond wat sentraal geleë was, is opsy gesit om ‘n pre-primêre, primêre en hoërskool te vestig. Na baie beraadslaging is besluit dat Midstream College ‘n Afrikaans-Engelse parallelmediumskool sou wees. Die skoolwapen vertoon ‘n aantal van die Midstream-ontwikkelingslandmerke en die leuse, “Excellentia”, verteenwoordig die voornemde om voortdurend daarna te streef om jouself te verbeter.

Die bou van die hoërskool het in 2006 begin. Die skool het amptelik op Vrydag 19 Januarie 2007 geopen met dr Carel Kriek en 19 personeellede vir die 191 ingeskrewe leerders.