Uitreik

"Sokkie-vir-'n-sokkie"

Met die Sokkie-vir-'n-sokkie-projek is daar sagte speelgoed, klere en sokkies vir die kinders by Louis Botha- en Jacarandakinderhuis ingesamel.

Valentynsdag

Vir Valentynsdag het die uitreikkomitee die bejaardes en pasiënte van Midstream Frail Care en Care@Midstream besoek en met boodskappe, blomme en sjokolades bederf.

Ya Bana Village

Sporttoerusting en boeke is ook ten bate van Ya Bana Villagel in Winterveld ingesamel.

Personeelprojek

Die jaarlikse personeelprojek, in samewerking met die sosiale komitee se Kersfeessosiaal, was weereens ‘n reusesukses.

Bloedskenk

Die hele skoolgemeenskap is by die bloedskenkprojek betrek, en so is talle lewens gered.