Uitreik


Liefdesuitreik
Die “Love Exchange”-insamelingsprojek ten bate van kerke, skole en hawelose vestings was ‘n reuse sukses. Leerders het nie-bederfbare produkte, toiletware en huishoudelike items ingesamel om die gemeenskap van Olifantsfontein se lewens meer draaglik te maak.

Valentynsdag
Valentynsdag het die uitreikkomitee die bejaardes en pasiënte van Midstream ouetehuise en Care@Midstream opgekikker met boodskappe, blomme en sjokolades.



yabana-skool
Verskeie sporttoerusting en boeke ten bate van YaBana-skool in Hammanskraal is ook ingesamel. Dit was ‘n hoogtepunt om dit te oorhandig en met die kinders te speel.

Personeelprojek
Die jaarlikse personeelprojek, in samewerking met die sosiale komitee se Kersfeessosiaal, was weereens ‘n reusesukses. Midstream College – “serve today, inspire tomorrow.”



Renosterprojek
Die Renoster-projek ten bate van Rietvleidam Natuurreservaat se kleine Fiona, is tydens die koue wintersmaande geloods. Fiona het aanvullende voeding, sekuriteit en mediese sorg met die fondse ingesamel, ontvang.