Oorsese toere

Deel van Midstream College se opvoedkundige filosofie is om leerders se horisonne te verbreed en hulle aan ‘n groot verskeidenheid kulture bloot te stel. Elke jaar onderneem leerders ‘n opvoedkundige toer na die buiteland. Ons eerste toer was na Kilimanjaro in 2008. Daaropvolgende toere was: Europa (2010), Europa en Engeland (2011), VSA en Dubai (2012), Europa en Marokko (2013), Europa en Rusland (2014), Oos-Europa (2015), China (2016), Europa en Everest-basiskamp (2017), Skandinawië (2018), Indië en Ierland (2019), Brasilië (2022) en Europa (2023).

Die eerste Vlaamse uitruilprogram vir graad 11-leerders met St Barbara College in Gent, België, het in 2014 afgeskop. Tans het ons ‘n jaarlikse uitruilprogram met St Pietersinstituut en St Franciscusinstituut in Gent. Hierdie program is weens die Covid-19-pandemie tydelik onderbreek.