VAKATURES

Midstream College bied uitstekende geleenthede vir individue met ‘n passie om met kinders te werk aan. Ons bied uitstekende moderne geriewe binne ‘n veilige werksomgewing.

Kandidate wat deel van die kortlys vorm sal per e-pos gekontak en na ‘n onderhoud genooi word. Indien ‘n kandidaat op die kortlys vir ‘n tweede onderhoud is, sal ‘n aanlyn of persoonlik onderhoude gevoer word, afhangende van die aard van die pos en waar die kandidaat woon.

Midstream College is daartoe verbind om die welsyn van al die leerders in ons sorg te beskerm en te bevorder en verwag dat alle aansoekers hierdie siening sal deel. Alle aanstellings is onderhewig aan onderhoude, nagaan van identiteitsdokumente en kriminele rekords, asook suksesvolle verwysings.