streef na uitnemendheid

Om elke leerder van die vaardighede te voorsien wat nodig is in ‘n vinnige, veranderende wêreld.

Excellentia

Midstream College is ‘n parallellmedium (met onderrig in Afrikaans of Engels) privaat skool met ‘n Christelike etos geleë in die suide van Centurion. Die hoërskool het sy deure in 2007 geopen, en ons eerste graad 12’s het in 2009 die IEB-finale eksamen afgelê.

Ons is bekend vir hoë akademiese standaarde, topgehalte onderwysers en streng dissipline. Ons gebalanseerde leerders en alumni floreer nasionaal en internasionaal in akademiese, sport-, kulturele en sosiale sfere. Die ruim skoolterrein huisves van die modernste fasiliteite in die land, insluitend ‘n groot ouditorium, binnenshuise swembad en twee hokkie-astros.

The mediocre teacher tells.
The good teacher explains.
The superior teacher demonstrates.
The great teacher inspires.
– William Arthur Ward

By Midstream College is ons onderwysers ‘n inspirasie vir ons leerders. Ons jaarlikse Belgiese uitruilprogram en opvoedkundige oorsese toere is uiters gewild. Ons avontuursklub bied opwindende ervarings soos die klim van Mont-aux-Sources, kloofklouter (kloofing) in die Magaliesberg, riviervlotvaart op die Oranjerivier en duik by Sodwanabaai. Die graad 10-Odyssey is ‘n nege-dag-uitdaging wat jy nie moet misloop nie.

Quo Vadis? Semigreer na Midstream College en help om ons leuse, Excellentia, te vorm. Carpe Diem – maak die meeste uit die vele geleenthede wat Midstream bied.

ONS WAARDES

vanaf die skoolhoof se kantoor

Nuusbrief 8 uittreksel | Mei 2026

Education is not the filling of a bucket, but the lighting of a fire.

 W. B. Yeats

Education is teaching our children to desire the right things.

 Plato

ʼn Groot woord van dank aan ons ouers wat die vuur in hulle kinders aansteek en hulle so motiveer om die regte dinge in hulle lewe na te streef. ‘n Stewige handdruk aan Clubstream wat die College wonderlik in ons aktiwiteite ondersteun – julle lyk ook baie spoggerig in julle nuwe Clubstream-hemde. ‘n Hartlike woord van dank ook aan ons ouers wat ons personeel in die klas, op die buitemuurse akker en op die terrein met respek hanteer – ons waardeer dit opreg.

In Plato se woorde hoop ek julle gaan die begeerte by julle kinders aanwakker om hulle doelwitte en drome tydens die komende eksamen na te jaag. Baie sterkte ook, en dankie vir die vroeg opstaan, die ekstra koffie aandra en die onderskraging. Ons matrieks het eweneens ondersteuning nodig om die kern van hul onderskeie kurrikulums in die volgende vier weke te bemeester. Alhoewel die netballiga gister tot ‘n einde gekom het, lê daar nog uitspeelwedstryde voor. Soortgelyk is daar nog enkele rugby- en hokkieligawedstryde tydens die eksamen – dankie ook vir julle ondersteuning in hierdie verband.

Vergun my ook hierdie geleentheid om ons personeel te bedank wat hierdie kwartaal baie ure in die klas, op sportvelde en in konsertsale deurgebring het. Die opvoedkundige driehoek tussen ouer, personeel en kind kom tot sy reg danksy die spreekwoordelike ekstra myl wat julle loop.  Doen so voort!

Dr Carel Kriek
hoof