Beleide

Dissipline is die grondslag vir orde, ‘n ideale leeromgewing vir positiewe interaksie tussen die skool, personeel en leerders. Midstream College streef om te alle tye hoë dissiplinêre standaarde te handhaaf. Binne die riglyne van ‘n behoorlike gedragskode word onaanvaarbare en onbehoorlike gedrag aangespreek en goeie gedrag erken en beloon. Ter versekering en handhawing van goeie orde en dissipline, word die onderstaande gedragskode, reëls en prosedures geïmplementeer.

Die leerders van die skool is vir die onderwysers kosbaar en hul welstand en geluk is van groot belang. Midstream College sal alles in sy vermoë doen om die leerders na volwaardige Christelike volwassenheid te lei.