Ons Waardes

INTEGRITEIT

Ons bevorder te alle tye sterk morele beginsels en eerlikheid. Dit beteken om te weet dat jy reg optree.

Integriteit beteken my woord is my eer, en as ek met integriteit lewe, beteken dit dat my woord onbetwisbaar is.

Integriteit beteken om konsekwent te wees in jou gedagtes, jou optrede en jou oortuigings.

LOJALITEIT

Ons is trots op ons skool.

Ons is ondersteunend en toegewyd aan ons skool en gemeenskap en glo daarin om 'n vir ons opvolgers 'n nalatenskap te bou.

Ons poog om die naam van die College te alle tye buite die grense en skoolure van die College te handhaaf.

Ons koester 'n gevoel van behoort.

RESPEK

Ons respekteer onsself, ons ouers, onderwysers, leiers, mekaar, ons omgewing en mekaar se besittings.

Ons respekteer mekaar se reg op privaatheid en ons koester verdraagsaamheid.

Ons respekteer en vier ons diversiteit en erken dat daar baie dinge is wat ons almal bind en ons respekteer mekaar se standpunt.

Ons behandel alle mense met hoflikheid en vriendelikheid en toon altyd uitsonderlike maniere.

GEMEENSKAP

Ons onderskryf 'n Christelike etos.

Ons glo in vergifnis en tweede kanse.

Ons gemeenskap strek verder as die grense van Midstream College.

Midstream College lewer leerders wat 'n verskil in ons gemeenskap, land en wêreld wil maak.

Ons is deernisvol en gee om, gefokus daarop om ons wêreld te verbeter en die gemeenskappe van vandag en môre te bemagtig.

EXCELLENTIA

Ons moedig uitnemendheid in alle sfere van die skool aan.

Ons glo in gehalte-onderrig en streef daarna om uitstaande skoolverlaters te lewer wat analities, geartikuleerd, en gebalanseerd is en wat tot die plaaslike en globale gemeenskap kan bydra.

Ons is nederig oor ons prestasies. Ons glo in innovasie.

Ons skep geleenthede om sukses te behaal.

Ons glo ons sal sukses behaal deur mekaar te ondersteun.