Ons sal hierdie jaar nie ‘n ons gebruiklike twee revuegroepe hê nie, aangesien ons onder die huidige Covd-regulasies nie sang en/of kontakwerk tussen dansers kan oefen nie. ‘n Kleiner dansgroep sal wel oefen en aan danskompetisies deelneem. Oudisies vir die dansgroep sal oop wees vir alle leerders wat wil dans.

Oudisievideo’s sal op Google Classroom gelaai word en leerders kan begin voorberei vir die oudisies wat oor twee weke sal plaasvind. Oudisies sal in kleingroepe van 6 leerders in ‘n groep plaas vind en leerders sal ‘n spesifieke tydgleuf kan boek vir die oudisie. Die datums en tye vir die oudisies sal op Google Classroom sowel as op ons webwerf beskikbaar wees.

Vir verdere inligting kan me Gina Jansen van Vuuren (gjansenvanvuuren@midstreamcollege.co.za) gekontak word.

 

1 Ashford Street, Midstream Estate | college@midstreamcollege.co.za | 012 661 2341