Krieket was van die begin af een van menige sportsoorte wat Midstream College aangebied het. In 2009 was daar vir die eerste keer ‘n eerstespan. Sederdien het die sport so gegroei dat ons tans sewe spanne het wat in die Northerns Krieketunie se ligas speel.

Die spanne speel in die eerste en derde kwartale in die Noordelikes Krieket Unie-ligas. Die eerstespan het in 2009 in die F-liga begin en het so goed gevaar dat hulle eindelik in 2017 in die B-liga speel. Die o.14- en o.15A-spanne is ook goed op dreef waar hulle tans in die B-afdeling van hul onderskeie ouderdomsgroepe speel. Midstream neem ook deel aan die Finsburyreeks wat in die eerste kwartaal plaasvind. Waar ons in die E-afdeling begin het, is ons baie trots dat ons vanaf 2020 in die B-afdeling deelneem.

In 2015 lewer ons ons eerste provinsiale speler, Olé Buffel, op wat die Northerns Titans se o.15-span haal. Olé verteenwoordig dan ook die provinsie se o.17 en o.19 spanne in die daaropvolgende jare. In 2016 haal Nathan Jooste ook die Northerns Titans o.15-span. Jonathan Muller haal die Northerns Titans o.15-span in 2019. Ons is ook baie trots op Merrick Brett wat nie net die Northerns Titans  se o.17-span in 2018 gehaal het nie maar hulle ook verteenwoordig het in die Coca-Cola Khaya Majola Nasionale o.19 week in Desember 2019 verteenwoordig. Merrick is dan ook verkies tot die Suid Afrikaanse o.19 span wat aan die o.19 Wêreldbeker deelgeneem het.

 

Min skole spog met die fasiliteite wat die College het. Dit sluit moderne nette en vier topklasvelde in. Ons is ook bevoorreg om goed opgeleide personeel te hê wat die velde en blaaie voorberei. Die afrigtingskorps is ook van ‘n hoë gehalte en ons streef daarna om ‘n onderwyser by elke span betrokke te hê. Ons is ook in die bevoorregte posisie om vir Pierre de Bruyn, wat die Namibiese nasionale span afrig, aan die stuur te hê van ons hoëprestasieprogram wat na ons topspelers kyk en aan hulle vaardighede skaaf.

Sporttoere 2021

Enige krieketnavrae: mnr Wimpie Jansen van Rensburg –organiseerder –wjansenvanrensburg@midstreamcollege.co.za

Enige sportnavrae: mnr Hans van Vreden – Hoof van Sport –   hvanvreden@midstreamcollege.co.za   

1 Ashford Street, Midstream Estate | college@midstreamcollege.co.za | 012 661 2341