2020 was ‘n uitdagende jaar vir ons bergfietsspan. Weens die COVID-19 pandemie was die Spur Liga, asook ons jaarlikse bergfietskamp, ongelukkig gekanseleer. Niete- min het ons nog steeds ‘n virtuele interhuiskompetisie gehad en ons was verbaas oor die aantal leerders wat deelgeneem het.

Die leerders het ‘n week gehad om ‘n 5km-roete te ry, soveel keer as wat hulle wou.  Hierdie roete is uitgemerk by die Big Red Barn. Die sessies is op die Strava-toepassing gelaai. Ons kon op hierdie manier bepaal en rekord hou van al die leerders wat deelgeneem het en wie die vinnigste tyd in hul verskeie ouderdomskategorieë opgestel gestel. Hiermee die kategoriewenners:

Senior Seuns:          Keanu Selby

Senior Meisies:         Jade Slabbert

Junior Seuns:           Joshua-Alwyn Smit

Junior Meisies:         Lucy Carroll

Ons hou duim vas dat 2021 weer na normaal sal terugkeer.  Hiermee die voorlopige datums vir 2021:

Byeenkoms

Datum

Gauteng Suid Spur Liga#1

29 Mei 2021

Bergfietskamp

12 – 16 Julie 2021

Gauteng Suid Spur Liga#2

24 Julie 2021

Gauteng Suid Spur Liga#3

21 Augustus 2021

Gauteng Suid Spur Liga#4

4 September 2021

Spur Nasionale Kompetisie

1 – 2 Oktober 2021

Die venues vir die Spur Liga-resies is nog nie bekend gemaak nie. Sodra ons meer inligting het, sal ons die inligting opdateer. Die bergfietskamp sal by Karkloof in Kwazulu-Natal plaasvind.

Midstream College Nationale span 2018

MTB-2019 team

MTB-kit

Sabie 2 Midstream LogoSabie2Midstream
  
Midstream College Logo

Bergfietskamp 2018

Bergfietskamp 2019

  
Midstream College LogoBergfiets Interhuis
  
Midstream College LogoBergfiets Nationals
  
 Midstream College LogoMTB Promo

Kontak mnre Gert Pelser (gpelser@midstreamcollege.co.za) of Malcolm Dunkeld (mdunkeld@midstreamcollege.co.za) vir meer besonderhede.

Enige sportnavrae:   hvanvreden@midstreamcollege.co.za    Hoof van Sport

1 Ashford Street, Midstream Estate | college@midstreamcollege.co.za | 012 661 2341