Klub:  Toere

Midstream College het ‘n baie aktiewe avontuurklub wat jaarlike ekskursies na die Drakensberge en die Oranjerivier onderneem. Aktiwiteite sluit in stap, rafting en kloofing.

Deel van Midstream College se opvoedingsfilosofie is om leerders se horisonne te verbreed en hulle aan ‘n verskeidenheid kulture bloot te stel. Gevolglik gaan ‘n groep leerders elke jaar op ‘n opvoedkundige toer oorsee. Die eerste toer was in 2008 na Kilimandjaro. Verdere toere is onderneem na Europa (2010), Europa en Engeland (2011), VSA en Dubai (2012), Europa en Marokko (2013), Europa en Rusland (2014), Oos-Europa (2015), China (2016), Europa en Everest Basiskamp (2017),  Skandinawië (2018), Indië (2019) en Ierland (2019).

Die eerste Vlaamse uitruilprogram vir graad 11-leerders met St Barbara College in Gent, België het in 2014 afgeskop. Tans het ons ‘n jaarlikse uitruilprogram met St Pietersinstituut en St Franciscusinstituut in Gent.

 

Klub: C4C

In September 2007 het ‘n groep leerders bymekaargekom en C4C (College for Christ) gestig. Dit is ons begeerte as die C4C-span om jongmense te help om die Bybelse gemeenskap waarvoor Christus gesterf het, te verstaan, konteks op te bou, te ervaar en die Bybelse gemeenskap na te streef.

Leerders kom Woensdae bymekaar waar jeugwerkers van omliggende kerke verskillende onderwerpe bespreek. Dit is om leerders te help en te lei om ‘n raamwerk van ondersteuning vir die uitleef van hul geloof te skep. Oor die algemeen fokus hulle op geestelike groei.

Kruisweek is ‘n hoogtepunt op die C4C-kalender. Ons tema hierdie jaar was ‘n week in die lewe van Jesus’. Gevolglik beteken dit dat ons Hom moet volg. Soos met ons geliefdes, is dit ook ‘n keuse om naby aan Hom te bly – so leer jy van Hom en hoe om Sy voorbeeld te volg. Uiteindelik is ons dissipels wat in ons Here se voetspore volg.

 

Avontuurklub

Life is a blank canvas, and you need to throw all the paint on it you can.”
― Danny Kaye

Die lewe moet jou nie terughou nie en daarom is dit belangrik om so gou moontlik deel van die avontuurklub te word. Daar is meer as een uitdaging waaraan leerders kan deelneem.

Ons poog om soveel as moontlik leerders op die verskillende aktiwiteite saam te neem. Word deel van die avontuurklub om jou lewe te verbeter.

 

Die volgende aktiwiteite word vir 2019 beplan. Die personeel verantwoordelik vir elke aktiwiteit is:

Kloofing & Avontuur kloofing – Mnr Malcolm Dunkeld – mdunkeld@midstreamcollege.co.za

Midmarmyl – Mnr John Acres– jacres@midstreamcollege.co.za

Polar Bear” – Mnr John Acres– jacres@midstreamcollege.co.za

Drakensberg ekspedisie – Mnr Malcolm Dunkeld – mdunkeld@midstreamcollege.co.za

Verower die Oranjerivier – Mnr Johan Weideman – jweideman@midstreamcollege.co.za

Skubaduik – Me Michelle van Niekerk – mvanniekerk@midstreamcollege.co.za

Enige sportnavrae: hvanvreden@midstreamcollege.co.za Hoof van Sport

1 Ashford Street, Midstream Estate | college@midstreamcollege.co.za | 012 661 2341