Uitreik

KZN-vloede

Midstream College het die Padvragvereniging se #TruckersMakingaDifference-projek ondersteun en broodnodige komberse, klere en water ná die vloed in KwaZulu-Natal ingesamel.

Rise Against Hunger

Die graad 10-leerders pak meer as 115 000 etes vir Rise Against Hunger as deel van hul Odyssey-voorbereiding. Dit is natuurlik net moontlik met bydraes van die gemeenskap en borge.

Matriekskoene

Ons matriekleerders skenk elke jaar op die laaste dag wat hulle hul eindeksamen skryf hul skoolskoene. Na die laaste eindeksamenvraestel laat die graad 12-leerders spreekwoordelik hul kinderskoene agter en gee hul eerste tree na 'n nuwe toekoms.

Groendag

Midstream College is lief vir die aarde en het 'n waardevolle bydrae gelewer deur botteldoppies vir 'n rolstoel in te samel en pakkies groentesaad aan ons plaaslike gemeenskappe te skenk. Op ons eie Groendag het leerders groen skool toe aangetrek om hul ondersteuning aan die bewaring van die aarde te wys.

Werkersprojek

Midstream-leerders samel elke jaar items en/of fondse in om dankie te sê aan die mans en vroue wat ons terrein en fasiliteite in 'n uitstekende toestand hou.

Renosterprojek

Midstream College het standpunt ingeneem om renosters te help red deur die Care for Wild-stigting te ondersteun. Leerders het 'n ongelooflike R57 000 asook handdoeke vir hul intensiewesorgeenheid ingesamel.