It’s not about how you win. It’s about how well you’re able to come back when you’re down.

– Serena Williams

Covid19 het gedurende 2020 die sportomgewing drasties omvergewerp. Met die streng grendeltydmaatreëls wat in 2020 geïmplementeer is, het die verlate tennisbane ons almal moedeloos gelaat. Hoewel die pandemie hierdie jaar ʼn nadelige uitwerking op ons spelers gehad het, sal 2021 na verwagting ʼn meer produktiewe jaar wees.

In samewerking met JL’s Tennis Akademie, onder leiding van mnr John-Laffnie de Jager, ʼn voormalige dubbelspelspesialis, Davisbeker-kaptein en Federasiebeker-kaptein, is tennis by Midstream College in die beste hande. Baie van ons spelers het beide in Suid-Afrika en op internasionale vlak top ranglysposisies behaal. Die hoofafrigter, mnr Denton Meintjies, is bekend vir sy spelers se uitstekende resultate. Tennis word reg deur die jaar gespeel en ons maak voorsiening vir spelers van alle vaardigheidsvlakke, van beginners en sosiale tennisspelers tot elite provinsiale en internasionale spelers.

Ligawedstryde word gedurende die eerste en tweede kwartaal van die jaar gespeel, terwyl die College-kampioenskappe in die vierde kwartaal plaasvind. Ons skryf jaarliks ​​ongeveer 9 spanne in om in die Noord-Gauteng skoleliga mee te ding. Ons spelers toer in Meimaand na Ermelo, in September na Bethlehem en in Oktober na die Wes-Kaap om aan skoletoernooie deel te neem. Ons bied ook gedurende die jaar talle pretgeleenthede aan om deelname en entoesiasme vir die sport aan te moedig.

Midstream College en JL’s Tennis Akademie streef om die belange van ons spelers eerste te stel.

Oefentye:

Dinsdae         18:00 – 19:30            (Alle spelers)

Donderdae    14:15 – 15:15            (Beginners en sosiale spelers)

                        15:15 – 16:15            (Ligaspanspelers)

Vrydae           06:30 – 07:15            (Ligaspanspelers – spesiale reëlings word vir hierdie spelers                                     getref om 15 minute later met skool te begin).

Vir verdere inligting, kontak asseblief die tennisorganiseerder: Me Saras Rugbar (srugbar@midstreamcollege.co.za).

Algemene sportnavrae: Mnr Hans van Vreden, Hoof van Sport (hvanvreden@midstreamcollege.co.za)

1 Ashford Street, Midstream Estate | college@midstreamcollege.co.za | 012 661 2341