Sporttoere 2021

Swemkamp (11‒19 Januarie 2021)

Midstream College sal onder leierskap van ons swemafrigter, Gerald Coles, ʼn swemkamp aanbied ter voorbereiding vir die A-liga interhoër in Februarie. Die oefensessies sal uit akwatiese sessies in die skoolswembad bestaan. Die fokus van die kamp sal op swemmers wees wat nie reeds deel van die swemspan vorm nie, diegene wat nie deel van ʼn swemspan/-groep buite die skool is nie. Skoolspan-swemmers is ook welkom om die kamp by te woon.

Program

Maandag 11 Januarie tot Vrydag 15 Januarie, Maandag 18 Januarie en Dinsdag
19 Januarie, vanaf 9:00 tot 11:00 daagliks.

 

Graad 8-swemproewe (Dinsdag 19 Januarie 2021)

Die swemproewe sal Dinsdag 19 Januarie vanaf 16:30 tot 17:30 tydens die graad 8-oriënteringsprogram in die skoolswembad plaasvind. Al VIER individuele swemslae sal geswem word en swemmers kan aan al vier die swemslae deelneem. Ongelukkig mag geen ouers volgens Covid-19-regulasies die gala bywoon nie. Dit sal die onderwysers vir elke huis ook help om hul swemmers vir die interhuis-gala wat Vrydag 22 Januarie gehou word, te selekteer.

Interhuis-gala (Vrydag 22 Januarie 2021)

Die interhuis-gala sal Vrydag 22 Januarie vanaf 11:00 tot 14:00 in die skoolswembad volgens Covid-19-regulasies plaasvind. Die gala sal uit al VIER individuele swemslae in die erkende ouderdomsgroepe o.14 tot o.19 vir seuns en dogters, bestaan. Daar sal ook junior en senior individuele wisselslag-items wees. Ongelukkig sal geen ouers die gala kan bywoon nie.

Skooloefenprogram

Die oefenprogram sal vir alle swemmers beskikbaar wees, ongeag die posisies wat tydens die interhoër-gala behaal is. Alle oefensessies sal deur ons skoolafrigter, Gerald Coles, aangebied word. Oefensessies sal elke week van Maandag tot Woensdag, 15:00 tot 16:00 in die skoolswembad gehou word. Donderdae sal ons aan die plaalike skole se galas deelneem ter voorbereiding vir die A-liga interhoër.

Skoolgala-datums

28 Januarie

4, 11 Februarie

A-liga interhoër 18 Februarie by Hillcrest

Mnr D Humphris

Swemorganiseerder: dhumphris@midstreamcollege.co.za

Enige sportnavrae:   hvanvreden@midstreamcollege.co.za    Hoof van Sport

1 Ashford Street, Midstream Estate | college@midstreamcollege.co.za | 012 661 2341