Sagtebal word gedurende die derde en vierde kwartaal gespeel. Midstream het drie o. 14-spanne, drie o. 15-spanne, twee o.16-spanne en twee o. 19-spanne wat in drie aparte ligas deelneem. Die A-spanne speel in die C-liga en die B-spanne speel in die D-liga en die C-spanne speel in die E-liga.

Sagtebaloefeninge is op Dinsdae en Donderdae van 14:15 tot 16:15 tensy anders deur hul onderskeie afrigters gereël word. Daar is ook gimnasiumsessies wat met die spelers gereël sal word. Elke span se afrigter sal dit organiseer.

2020 was `n moeilike jaar vir ons almal en nie baie sagtebal kon plaasvind nie. Gelukkig vir ons is die inperking verslap en kon ons in die derde kwartaal tot die vierde kwartaal, onder streng Covid-19-regulasies natuurlik, oefen. Toe beweeg ons na vlak 1 en kon ons met `n interhuis voortgaan en `n paar wedstryde speel. Die interhuis was `n groot sukses en deur almal geniet. Windsor het weggestap met die louere en Hutton met ses lopies geklop. Ons is net dankbaar dat ons wel kon oefen en speel. Baie dankie vir almal se bydraes.

Ons sien uit na volgende jaar en is hoopvol dat als sal voortgaan soos beplan. Ons wil regtig bou op wat ons vermag het in 2019 en dit is wat Midstream College sagtebal so spesiaal maak. Ons sal altyd daarna streef om ons beste te gee en net nog beter te wil doen.

Afrigters vir 2021:

Spanne

Afrigter

O. 14A

Dirk Olivier

O. 14B

Robyn Ferenczy

O. 14C

Maritsa Smit

O. 15A

Iana De Jong

O. 15B

Sarah Cleland

O. 15C

Albert van Zyl

O. 16A

Hestie-Marie Smith

O. 16B

Liyah Singh

O. 19A

Mitchu van Straaten

Hendrien le Roux

O.19B

Tina Brown

Enige sagtebalnavrae kan aan mnr. Dirk Olivier by dolivier@midstreamcollege.co.za gerig word.

Kontak ons hoof van sport (mnr. Hans van Vreden) by hvanvreden@midstreamcollege.co.za vir algemene sportnavrae.  

1 Ashford Street, Midstream Estate | college@midstreamcollege.co.za | 012 661 2341