Intens, aksiebelaaid, vinnig en opwindend! Hierdie is slegs ‘n paar byvoeglike naamwoorde wat gebruik kan word om muurbal by Midstream College te beskryf.

By Midstream College word muurbal op ‘n hoë vlak gedryf en bied ons die spelers die geleentheid om tot hulle volle potensiaal te ontwikkel. Aan elkeen word die geleentheid gegun om hul talente op die muurbalbaan uit te leef, hetsy jy ‘n beginner of provinsiale speler is.

Om ons spelers te ontwikkel en gereed te kry vir die liga, het ons die groot voorreg om saam met Centurion Junior Squash (CJS) te werk.  Hulle hoogs gekwalifiseerde afrigters spandeer baie tyd aan ons spelers, sodat elkeen tot sy volle potensiaal kan ontwikkel.

Midstream College se spelers kry in die Gauteng-Noord Hoërskole liga (seuns en meisies) die geleentheid om ook teen die ander top muurbalskole in die Tshwane-omgewing mee te ding.

In 2020 het ons spelers ongelukkig nie die geleentheid gehad om die liga te voltooi nie, maar ons sien uit na ‘n opwindende 2021.  

Ons verwelkom graag alle belangstellendes, van beginners tot gesoute spelers, by die muurbal en ons is oortuig dat elkeen dit terdeë sal geniet.

Enige sportnavrae:   hvanvreden@midstreamcollege.co.za    Hoof van Sport

1 Ashford Street, Midstream Estate | college@midstreamcollege.co.za | 012 661 2341