Landloop

Midstream neem jaarliks aan die Noord-Gauteng Hoërskole Landloopkompetisie deel wat in Julie en Augustus plaasvind. Die landloopkompetisie strek oor 4 ligas, `n aflosbyeenkoms, `n 2km ‘Dash’ en Gauteng-Noordkampioenskappe. Midstream College neem in die A-bond van GNSSLL deel. Midstream se landloopatlete verteenwoordig ook die skool op provinsiale vlak. Die volgende atlete is in die AGN-landloopspan ingesluit wat die provinsie op 7 September by die SA-landloopkampioenskappe verteenwoordig het: Hanru Koch, Veronique Rossouw, Ernst Gouws, Izelle Kruger, Chanelle Kruger, Andy Munnik, Tishca de Coning, Travis Koekemoer en Donald van der Westhuizen. Baie geluk aan Chanelle Kruger wat `n derde plek behaal het vir dogters o.16. Chanelle se span verower goue ‘n medalje en Travis se span `n silwer medalje.  

Die landloopafrigters is as volg: mnr Hans van Vreden, me Mia Aucamp, me Tanya   
Verhoef en mnr Werner Koekemoer.

Oefentye: Maandae, Dinsdae en Donderdae vanaf 14:00 – 15:15

Woensdae: Ligawedlope.

Ligabyeenkomste vir 2020:

 

Datum

Plek

Liga 1

10 Julie

Pretoria Boys High

Liga 2

15 Julie

Midstream College

Liga 3

22 Julie

Eldoraigne

Liga 4

29 Julie

Curro

Liga 5

5 Augustus

Prestige College

Liga 6

11 Augustus

Montana

1 Ashford Street, Midstream Estate | college@midstreamcollege.co.za | 012 661 2341