Hokkie is onderskeidelik ‘n seuns- en dogtersport.

U kan hieronder op die onderskeie bladsye vir die seuns en dogters kliek.  

Sporttoere 2021

Seunshokkie

Midstream College se hokkie het sedert sy ontstaan in 2007 geweldig gegroei. Na slegs ʼn kort tydjie is ons ʼn gerekende mededinger in Gauteng en selfs buite die provinsie se grense. Gedurende die komende seisoen sal sewe Midstreamspanne in drie verskillende ligas speel. Ons A-spanne het ‘n 5de en ons B-spanne ‘n 6de plek in die liga behaal en selfs die o.16-span het goed gevaar in die seisoen voor Covid-19 toegeslaan het.Covid-19 toegeslaan het.

Met die verloop van jare het ons uitstekende vordering op beide speel- en onderrigvlak getoon namate ons in die ligas opgeskuif het. Ons verwelkom die voortdurende verandering in hokkie, die afrigtingsmetodes wat gedurig verbeter en die ontwikkeling van toepaslike vaardighede. Ons geniet die geleentheid om hierdie wonderlike sportsoort aan ieder en elk bekend te stel.

Ons is geseënd met ʼn wonderlike Astro en spreiligte wat die goedversorgde grasvelde aanvul en ons die geleentheid bied om baie wedstryde tuis aan te bied.

Ons hokkieseisoen begin amptelik net voor die Aprilvakansie met proewe waarna ons jaarlikse hokkietoere plaasvind. Uit ʼn praktiese oogpunt begin ons egter graag met voorseisoen fiksheidsoefening, veral vir ons spelers wat nie aan atletiek of swem deelneem nie.

Die hokkieseisoen skop af met die Gautengbeker wat aan die begin van die seisoen gespeel word. Tussen die vele ligawedstryde vind daar elke seisoen baie derby-wedstryde plaas, waar ons voortdurend op soek is na kompetisie wat die status quo sal uitbrei en uitdaag. Baie van hierdie derby-wedstryde vind teen skole van buite die provinsie plaas. Die wedstryde teen ons mededingende buurskole in Pretoria is natuurlik vir ons spelers die hoogtepunt.

Die skole waarteen ons o.14-, o.16- en 1ste XI-spanne meeding, word in geen spesifieke orde gelys nie: Pretoria Boys High School, Afrikaanse Hoër Seunskool, Hoërskool Waterkloof, die Hoërskool Menlopark, St Albans College, Hoërskool Garsfontein, Cornwall Hill College, Hoërskool Eldoraigne en Hoërskool Zwartkop. Oor die afgelope paar jaar is daar elke seisoen ʼn hele aantal spelers gekies om die provinsie te verteenwoordig.  

Afrigters in 2021

John Acres, Malcolm Dunkeld, Michelle van Niekerk, Adrian Hossell, Cindy Eksteen, Albert van Zyl en Jason Schoeman word bekwaam deur ons tegniese personeellid Nellis Putter bygestaan. Ons maak ook van eksterne afrigters gebruik om met afrigting te help.

 

Toere in 2021

Span

Datums

Bestemming

1ste XI

6 tot 9 April 2021

Kearsney College, KZN

o.16

6 tot 9 April 2021

NWU, Potchefstroom

o.14 A- en B-spanne

5 tot 8 April 2021

Nedstar, Pretoria

 

Wedstryddatums-2021

 

Hierdie datums en wedstryde sal gepubliseer word sodra dit gefinaliseer word.

Na verwagting sal ons aan die Noordvaaltoernooi deelneem wat vanaf 29 tot 30 Julie plaasvind. Die bestemming moet nog bevestig word.

 

Oefening- en wedstrydskedules sal op die skool se webwerf gepubliseer word, en per e-pos en op die WhatsApp-groepe vir die spanne gestuur word soos besonderhede beskikbaar is.

Seunshokkie navrae: Mnr. John Acres – jacres@midstreamcollege.co.za

Algemene sportnavrae: Mnr. Hans van Vreden – hvanvreden@midstreamcollege.co.za

 

Continuous effort — not strength or intelligence — is the key to unlocking our potential.

– Liane Cardes

Dogtershokkie

Hokkie

Hokkie by Midstream College word op ‘n hoë vlak bedryf en ‘n professionele benadering word gevolg. Die hokkieseisoen begin elke jaar in Januarie en Februarie met voorseisoenvoorbereiding, waartydens daar kondisioneringsafrigting in samewerking met hokkievaardighede, vir alle voornemende hokkiespelers sal wees.

Agtergrond

Midstream College se meisieshokkie groei die afgelope nege jaar groter en sterker en daar word met groot afwagting na die toekoms uitgesien. Die Astro en  hoeveelheid spanne wat elke jaar vermeerder, is beslis ʼn riem onder die hart. Daar word jaarliks aan die Northerns Blues Grootskoleliga deelgeneem. Enige meisie wat hokkie wil speel, word in ‘n span opgeneem en elke span het sy eie afrigter.

Hokkiekursusse word jaarliks in die Maart / Aprilvakansie deur alle spanne bygewoon. Die klem word op basiese vaardighede en kondisionering geplaas.

Hokkie-2019

Die hokkeiseisoen van 2019 kan met die woorde van Michael Jordan: “Talent will win matches, but teamwork will win championships”, opgesom word.

Midstream College het in 2019 in die hoogste liga gespeel en hulle posisie in die top liga behou, deur algeheel 5de te kom. Dit moet genoem word dat die onder 14-, 15- en 16 A-spanne deurgedring het na die Noordvaal uitspeel-kompetisie. Die 15 A-span het vir ʼn tweede jaar deurgedring om in die Noordvaal toernooi te speel.

Elke groot prestasie begin met die voorneme om te probeer. Vincent van Gogh.

Individueel het ons spelers hulself goed van hulle taak op die hokkieveld gekwyt en spog ons met nege provinsiale spelers: Daina Graham, Charlie Sambo, Nomalanga Langa, Megan Heher, Drew Goatley, Zoë Sheriffs, Kayleigh Gourrah, Andrea Roberts, Ashley Williams, Noluthando Khomo en Veronica du Plessis. Miané Lessing en Marli Liebenberg is vir die o.14 Gauteng ontwikkelingspan gekies.

Andrea Roberts is voorwaar ‘n doelwagter wat dopgehou moet word en ons is bevoorreg dat sy deel van die Midstreamfamilie is. Sy is hierdie jaar as lid van die SA o.16-oefengoep gekies.

Hokkie-2020

Die seisoen is kortgenip deur Covid-19.

Hokkie-2021

Die toekoms het baie name. Die luies noem dit “die onmoontlike”, die banges noem dit “die onbekende”, die dapperes noem dit “my uitdaging”. Victor Hugo.

 

Afrigters-2021:

·         14 A Carolien Verster

·         14 B Anike Conradie

·         14 C Helene Meyer

·         15 A Carli van Wyk

·         15 B Cindy van Loggerenberg

·         15 C Birgit Kotze

·         16 A Siyabonga Mabena

·         16 B Cheryl Grant

·         16 C Iana de Jong

·         1ste Renè du Plessis & Reneè van Wyk

·         2de Ian Müller

·         3de Johan Weideman

·         Hulpafrigter: Ciske van den Heever -16 A Maritsa Smit– 15 B & Tess Badenhorst-15 C

 

Toere-2021

Datum

Plek

Spanne

26 Maart &

27 Maart

Midstream College

Toernooi

 

14 B en C, 15 B en C, 16 B en C 2de – en 3de span

 

8 April –

12 April

Bloemfontein

Toernooi en Oefenkamp

 

14 A; 15A; 16A en 1st Span

13 April

Midstream College

Oefenkamp

14 B en C, 15 B en C, 16 B en C 2de – en 3de span

 

 

Wedstryd datums 2021:

Datum

Teenstander

27 Februarie

1st span Girls High proewe

12 & 13 Maart

Pietersburg Hoërskool

16 Maart

Montana

24 Maart

Cornwall Hill

17 April

Eldoraigne

22 April

Girls High

8 Mei

Garsfontein

18 Mei

Menlo Park

22 Mei

Afrikaans Hoër Meisies

29 Mei

Waterkloof

24 Julie

Midstream toernooi

4 Aug – 7 Aug

Noordvaal: A spanne

 

Oefentye 2021:

·         14 A

Dinsdae

15:30 -16:45

Woensdae

14:00 – 15:00

Donderdae

18:00 – 19:45

·         14 B

Dinsdae

15:30 -16:45

 

Donderdae

18:00 – 19:45

·         14 C

Dinsdae

14:15 -15:30

 

Donderdae

15:30 -16:45

·         15 A

Dinsdae

14:15 -15:30

Woensdae

14:00 – 15:00

Donderdae

16:45 – 18:00

·         15 B

Dinsdae

14:15 -15:30

 

Donderdae

18:00 – 19:45

·         15 C

Dinsdae

14:15 -15:30

 

Donderdae

15:30 -16:45

·         16 A

Dinsdae

15:30 -16:45

Woensdae

14:00 – 15:00

Donderdae

16:45 – 18:00

·         16 B

Dinsdae

16:45 – 18:00

 

Donderdae

14:15 – 15:30

·         16 C

Dinsdae

15:30 -16:45

 

Donderdae

14:15 -15:30

·         1st

Maandae

15:15 – 16:30

Dinsdae

18:00 -19:30

Donderdae

14:15 – 15:30

·         2de

Dinsdae

14:15 -15:30

 

Donderdae

14:15 – 15:30

·         3de

Dinsdae

15:30 -16:45

 

Donderdae

14:15 -15:30

 

 

1 Ashford Street, Midstream Estate | college@midstreamcollege.co.za | 012 661 2341