Die Midstream College Gimnasium is ‘n belangrike deel van die skool se sportprogram. Die hoofdoel van die fasiliteit is om seuns en meisies voor te berei vir die fisieke eise van die sport wat hulle beoefen. Dit sal help dat Midstream College se sportresultate voortdurend verbeter en sal terselfdertyd help om beserings te verminder.  

Hierdie is nie ‘n kommersiële gimnasium nie. Terwyl ons personeel glo dat deelname aan sport ‘n gesonde lewenstyl bevorder, is ons doel nie liggaamsbou nie. Die gimnasium sal gepaste ouderdom- en ontwikkelingsverwante asook sportspesifieke oefenprogramme aanbeveel. Ons doel is om balans, koördinasie, mobiliteit, stabiliteit, krag en spoed te verbeter. Dit is die komponente wat uiters noodsaaklik is vir sukses in sport asook lewenslange deelname.    

Biokinetikus

Mario Olivier 2016

Mnr. Mario Olivier was van 2015 tot 2017 die sportbestuurder by King Edward VII School (KES). Voor dit was hy vir 9 jaar die krag- en kondisioneringsafrigter by Maritzburg College.  Hy het by die Universiteit Stellenbosch as ‘n biokinetikus gekwalifiseer en het in 2005 sy meestersgraad in Sportwetenskap daar voltooi. Mario is ervare in die kondisionering van ‘n wye verskeidenheid sportsoorte en is self ‘n ywerige sportman. Hy het vir drie jaar provinsiale krieket gespeel en is nou ‘n ernstige gholfspeler. Kontak hom gerus vir enige verdere navrae.

E-pos: molivier@midstreamcollege.co.za

Telno: 012 661 2341

Selno: 082 379 0132

Hoe om by die gimnasium aan te sluit

·      Leerders word aangemoedig om aan die skool se sportprogram deel te neem sodat hulle ‘n sportspesifieke program kan ontvang. Andersins sal welstandsprogramme en algemene kondisioneringsprogramme ook beskikbaar wees.

·      Voltooi die “Physical Activity and Readiness Questionnaire” (PARQ).

·      Leerders sal ‘n opsie van 3 kontrakte hê:

            Opsie 1: R100 per maand vir 10 maande

            Opsie 2: R125 per maand vir 6 maande

 Opsie 3: R150 per maand vir enigiets minder as 6 maande

·      Die leerder se rekening sal gedebiteer word.

·      Die voltooide PARQ-vorm moet eers na meneer Mario Olivier teruggebring word voor toegang tot die gimnasium verkry sal word.

·      ‘n Evaluering sal dan gedoen word en ‘n oefenprogram sal aan die leerder verskaf word. Daar word verwag dat die oefenprogram te alle tye gevolg sal word.

Gebruik van die gimnasium

Reëls:

Gimnasiumtye:

 

Soggens

Smiddae

   

Maandag

05:45 – 07:15

14:00 – 17:00

   

Dinsdag

05:45 – 07:15

14:00 – 17:00

   

Woensdag

05:45 – 07:15

13:45 – 17:00

   

Donderdag

Gesluit

14:00 – 17:00

   

Vrydag

05:45 – 07:15

 
   

·      Gekwalifiseerde personeel sal te alle tye teenwoordig wees om toesig oor die oefensessies te hou.  

·      Alle nuwe lede sal geëvalueer word en dan van ‘n gepaste oefenprogram voorsien word. Lede mag slegs oefen indien hulle goedgekeurde programme gebruik.

·      Alle lede sal gereeld herevalueer word en met gepaste oefenprogressie in hulle oefenprogramme voorsien word.

Verbode middels

Midstream College Gimnasium is ‘n dwelmvrye fasiliteit wat aktief die gebruik van verbode middels ontmoedig. Die skool se beleid, in verband met dwelms in sport, laat ons toe om enige leerder wat hiervan verdink word, te toets. Indien enige leerder positief toets vir ‘n verbode middel, sal die leerder se gimnasiumlidmaatskap opgeskort word. Daar sal ook ‘n dissiplinêre proses gevolg word.

Verder beveel ons alle gimnasiumlede aan om op die I Play Fair webwerf – http://www.drugfreesport.org.za/take-the-pledge-athletes/ te registreer en te onderneem om dwelmvry te bly .

Aanvullings

Die gebruik van aanvullings voor, gedurende en na oefening is ‘n sensitiewe onderwerp. Die sportaanvullingsbedryf word nie gereguleer nie en baie van die produkte wat oor die toonbank gekoop kan word, het negatiewe newe-effekte en/of kan tot ‘n positiewe opkikkers- of steroïde-toets lei. Indien ‘n leerder enige vrae in verband met aanvullings het, word hulle aangemoedig om met meneer Mario Olivier oor goedgekeurde WADA- produkte en opsies te praat. Uiteindelik is die inherente risiko van aanvullinggebruik die leerder s’n en die skool en gimnasiumpersoneel neem geen verantwoordelikheid vir die negatiewe gevolge indien ‘n leerder ons advies ignoreer nie. 

Midstream College Gimnasium – Covid 19-Protokol

Midstream College Gimnasium PARQ  en kontrak

Reëls:

Oefenskedule

1 Ashford Street, Midstream Estate | college@midstreamcollege.co.za | 012 661 2341