Avontuurklub

“Life is a blank canvas, and you need to throw all the paint on it you can.
Danny Kaye

Kleur jou lewe in deur by ons avontuurklub aan te sluit met sy vele uitdagings waaraan jy kan deelneem. Ons probeer om soveel leerders as moontlik te akkommodeer, maar permitte en vervoer kan die getalle beperk.

Personeellede verantwoordelik vir die aktiwiteite:

Kloofing

Die Kloofing-naweke vind in Januarie en Oktober plaas met aktiwiteite wat wissel van stap, swem, kransspring en rotsgly in die Magaliesberg-streek.

Kontakpersoon: Mnr Malcolm Dunkeld
mdunkeld@midstreamcollege.co.za

Mont-aux-Sources Uitdaging

Die Mont-aux-Sources-uitdaging vind tydens die langnaweek aan die einde van April plaas om die skoonheid van die Ukhahlamba-wêrelderfenisgebied te ervaar en Mont-aux-Sources te bestyg. Hierdie uitdaging vereis ‘n hoë vlak van fiksheid en behels blootstelling aan hoogtes waar daar hoog bo seespieël gestap word.

Kontakpersoon: Mnr Malcolm Dunkeld
mdunkeld@midstreamcollege.co.za

Skuba

Skubaduik is ‘n aktiwiteit wat jaarliks aangebied word in samewerking met Flippers to Fins, ‘n gelisensieerde Scuba-akademie. Die duikkursus begin in Februarie en sluit af met ‘n toer gedurende die Junie/Julie-vakansie.

Kontakpersoon: Me Michelle van Niekerk
mvanniekerk@midstreamcollege.co.za

Verower-die-Oranjerivier

Die Oranjeriviervlotvaartekspedisies vind in die September-skoolvakansie plaas waar leerders op die Oranjerivier in die Noord-Kaap, oor ‘n tydperk van vier dae op opblaasbote genaamd “Crocs” roei.

Kontakpersoon: Mnr Johan Weideman
jweideman@midstreamcollege.co.za

Ysbeer

Die Ysbeer-swem is ‘n uitdaging om 100 meter in ons eie swembad te swem, sesuur die oggend op die laaste dag van die tweede kwartaal in die ysige wintertemperatuur.

Kontakpersoon: Mnr John Acres
jacres@midstreamcollege.co.za