Sport is ‘n integrale deel van die opvoedingsproses en word by Midstream College aangebied sodat al die leerders die geleentheid kry om:

• deur oefening, sy/haar fisiese, intellektuele en sosiale potensiaal te ontwikkel.

• deur deelname aan spansporte, sosiale vaardighede te ontwikkel.

• selfvertroue te ontwikkel.

• leierskappotensiaal te ontwikkel.

• kompeterend te wees.

• sportmangees te ontwikkel.

• sport te geniet.

Elke leerder kry by Midstream College die geleentheid om in sy sportsoort die hoogste prestasie te bereik. Deur topafrigting deur die personeel en buiteafrigters, kan elke leerder binne die geaffilieerde strukture, die hoogste sport bereik.

Sportdeelname is verpligtend en alle leerders moet aan ten minste een somersport en een wintersport deelneem wat deur Midstream College aangebied word. Leerders word aangemoedig om aan spansportsoorte deel te neem en kan ook ‘n noodhulpkwalifikasie verwerf.

 

Die volgende sportsoorte word by Midstream College aangebied:

       Somersport       Wintersport       Jaarsport      
AtletiekRugbyTennis
SwemNetbalGholf
KrieketHokkie (dogters)Muurbal
Sagtebal (dogters)Hokkie (seuns)Skaak
 LandloopRuitersport
 BergfietsryAvontuursport

1 Ashford Street, Midstream Estate | college@midstreamcollege.co.za | 012 661 2341