Graadkampe

Die jaarlikse graadkampe is deel van Midstream College se opvoedkundige program. Die doel van die graadkampe is veelsydig. Leerders word blootgestel aan verskeie dele van die land en verskeie ervarings wat wissel van omgewingsopvoeding, geskiedenis, die buitelewe en meer ekstreme witwaterroei, boomtoptoere en binnebandry. Die leerders het ook ‘n kans om hul maats in ‘n nuwe lig te sien aangesien hulle dikwels uit hul gemaksones geneem word en aan mekaar blootgestel word. Dit is ook ‘n geleentheid vir die graadonderwysers en leerders om in ‘n minder formele omgewing kontak te maak.

Die graad 12-leerders het nie ‘n graadkamp nie. Hulle sal op hul rekordeksamen fokus.

Alle graadkampe is verpligtend. Kontak asseblief vir mnr Malcolm Dunkeld by mdunkeld@midstreamcollege.co.za vir meer inligting rakende die kampe.

Graad 8-kamp

Hierdie kamp word by Warthog Inn naby Brits gehou. Hier is die bosveld omgewing ‘n wonderlike omgewing vir geesbou en bied die leerders ‘n geleentheid om hulself binne ‘n span te vind.

Graad 9-kamp

Dié kamp word by Sediba Kwêle in die Noordwes-provinsie gehou. Hierdie is ‘n wonderlike geleentheid vir die graad 9’s om saam te groei, aangesien hulle aan verskeie buitemuurse aktiwiteite deelneem wat ontwerp is om groepwerk te ontwikkel, spangees te bou en baie pret te hê. Hulle sal ook ‘n geleentheid kry om in die buitelug te slaap.

Graad 10-kamp

Hierdie kamp staan as Odyssey bekend en is uniek aan Midstream College. Die kamp word geheel en al deur Midstream-personeel bestuur, wat verseker dat dit van ʼn hoë gehalte is en ook ‘n langdurige ervaring beloof. Die geleentheid word deur Isuzu Suid-Afrika ondersteun wat ons van 4×4 voertuie voorsien. Die Odyssey is ʼn avontuur wat oor nege dae plaasvind. Die leerders word in klein groepe verdeel, aan ʼn personeellid toegewys, en moet op hul eie deur die Haenertsburg-wildernisarea reis. Die leerders ervaar verskillende aktiwiteite, soos roei, stap, kook, kamp, boomtoptoere en fietsry, om maar net ʼn paar te noem. Elke groep se roete lei hulle uiteindelik na die kruin van die Iron Crown (2 126 m) wat die hoogste punt in Limpopo is. Die kamp toets werklik die leerders aangesien dit hulle uit hul gemaksone neem. Hulle moet ook werk aan wat in hulle alledaagse lewens gebeur. Leerders kry die geleentheid om hul groep se personeellid beter te leer ken, wat dus blywende verhoudinge bou.

Graad 11-kamp

Die graad 11’s reis na die pragtige Hazyview-omgewing in die Laeveld waar hulle werklik een van Suid-Afrika se unieke omgewings kan geniet. Hierdie kamp word as die hoogtepunt van avontuurkampe beleef.

Hier het die leerders drie dae van adrenaliengevulde aktiwteite insluitend witwaterroei, binnebandry en ‘n leierskapontwikkeling-avontuuresies. Hulle sal ook teruggeneem word na hul tyd op Odyssey en oor sommige van die lesse wat daar geleer is besin.