Die jaarlikse graadkampe is deel van Midstream College se opvoedkundige program. Midstream College is ʼn voorstaander van ʼn gebalanseerde kind en ʼn holistiese opvoeding en daarom is dit belangrik vir die leerders om binne sowel as buite die klaskamer opvoeding te ontvang.

Die doel van die graadkampe is veelvoudig. Die leerders word aan verskeie omgewings in die land blootgestel. Verskeie ervarings van omgewingsopvoeding, geskiedenis, die buitelewe, asook avontuuraktiwiteite soos: witwaterroei, boomtoere (“canopy touring”) en tubing maak deel uit van die aktiwiteite. Die leerders kry ook die kans om hul medeleerders beter te leer ken deurdat hulle op ʼn minder formele vlak aan mekaar blootgestel word en kan sosialiseer. 

Die plek waar elke graadkamp gehou word, word selektief gekies om sekere doelwitte te bereik.

Graad 8 (16 tot 18 September)

Hierdie kamp word by Warthog Inn gehou. Die bosveldomgewing bied ‘n wonderlike agtergrond vir leerders om gees te bou en om hulself in ‘n spanopset te ontdek.

Graad 9 (14 tot 18 September)

Hierdie unieke kamp word in die hartjie van Zoeloeland by die Babanango Valley Adventure Centre naby Dundee gehou. Hier sal die leerders ‘n ryke natuur-, kulturele en historiese ervaring beleef.  . Hulle sal die Isandlwana & Rorke’s Drift-slagveldtoer verken en ook praktiese ervaring opdoen in die ekologie en lewenswetenskappe terwyl hulle die buitelug verken.

Graad 10 (9 tot 17 September)

Hierdie kamp staan bekend as Odyssey en is uniek aan Midstream College. Die kamp word geheel en al deur Midstream personeel bestuur, wat verseker dat dit van ʼn hoë gehalte is en ook ‘n langdurige ervaring beloof. Die Odyssey is ʼn avontuur wat oor nege dae plaasvind. Die leerders word in klein groepe verdeel, aan ʼn personeellid toegewys, en moet op hul eie deur die Haenertsburg wildernisarea reis. Die leerders ervaar verskillende aktiwiteite soos roei, stap, kook, kamp, boomtoere en fietsry, om maar net ʼn paar te noem. Elke groep se roete lei hulle uiteindelik na die kruin van die Iron Crown (2 126 m) wat die hoogste punt in Limpopo is. Die kamp toets werklik die leerders aangesien dit hulle uit hul gemaksone neem. Hulle moet ook werk aan wat in hulle alledaagse lewens gebeur. Leerders kry die geleentheid om hul groep se personeellid beter as individu te leer ken, wat dus blywende verhoudinge bou.

Graad 11 (15 tot 18 September)

Die graadkamp staan bekend as die top avontuurkamp. Die graad 11’s reis na die pragtige Hazyview in die Laeveld-omgewing waar hulle een van Suid-Afrika se unieke landskapomgewings kan geniet. Hier beleef die leerders drie adrenaliengevulde dae terwyl hulle aan witwaterroei, tubing en ‘n leierskapontwikkeling avontuurwedloop deelneem. Hulle word ook teruggeneem na hul tyd op Odyssey en besin oor van die lesse wat hulle daar geleer het.

Graad 12

Die graad 12-leerders sal nie op graadkamp gaan nie en hul fokus sal op die rekordeksamen wees.

Alle graadkampe is verpligtend. Kontak gerus vir mnr. Malcolm Dunkeld by mdunkeld@midstreamcollege.co.za vir meer inligting oor enige van die kampe.



1 Ashford Street, Midstream Estate | college@midstreamcollege.co.za | 012 661 2341