Die grootste doelwit van enige
mediasentrum is die vestiging van ‘n leeskultuur in ‘n skool. In hierdie
moderne eeu waarin ons onsself bevind, is ons leesvaardigheid ‘n norm waaraan
die mens gemeet word. ‘n Leerder sal dus baie moeilik by ons samelewing aanpas
sonder die vermoë om goed te kan lees. Ongelukkig is dit ‘n realiteit dat
sommige leerders onder swak leesvaardighede gebuk gaan. Leesagterstande by
leerders kan aanleiding gee tot probleme soos wangedrag en onderprestasie.
Midstream College beskik oor ‘n buitengewone versameling fiksie en nie-fiksie
wat sal voldoen aan enige leerder se behoeftes. Lees op rekenaars en e-boeke
word as skermtyd geklassifiseer. Dit is ‘n algemene feit dat te veel skermtyd
‘n negatiewe impak het, daarom word ons leerders aangemoedig om eerder boeke in
gedrukte formaat te lees. Die
mediasentrum beskik ook oor ‘n rekenaarkamer waar navorsing en drukwerk gedoen
kan word.
Dit is belangrik om ‘n
gebruikersvriendelike en ontspannende atmosfeer te hê waarin elke leerder kan
floreer. Al die graad 8-leerders ontvang verpligte leesklasse met die Readers
are Leaders-program. Ek is altyd verstom oor die verbetering van ‘n leerder se
leesspoed en uitgebreide woordeskat na slegs ‘n paar periodes van oefening.
Alles wat ‘n mens lees, vul jou denke met nuwe inligting en dit kan nooit van
jou weggeneem word nie. Net soos enige ander spier in die liggaam, benodig die
brein oefening om dit sterk en gesond te hou. Hou dus aan met lees, Midstream
College!
In
die woorde van ons voormalige president Nelson Mandela: “Woorde wat ons
lees, kan jou na baie plekke laat reis, laat jou baie mense ontmoet en die
wêreld verstaan!”